Hartbeespoort wen John Vorster

20/03/2025Schools

Hoërskool Hartbeespoort se sportspanne het die afgelope naweek teen Hoërskool John Vorster op eie bodem kragte gemeet.

Luken Rheeder van die eerste span in aksie.

Pragtige spel, uitslae en sportmanskap was aan die orde van die dag. Hartbeespoort se rugby-, hokkie- en netbal eerste spanne het die wedstryde teen John Vorster gewen. Die skool sien uit na ‘n vuurwarm sportseisoen.