Hartbeespoort wen jukskeiliga

Baie geluk aan Hoërskool Hartbeespoort se onder 16-dogters-jukskeispan wat onlangs die Gauteng Noord A-liga gewen het. Die onder 19 dogters- en seunspanne het onderskeidelik derde en twee plekke in die liga verower. Die onder 16-ligawenners is Milé Willemse, Elizmari de Lange, Mia de Lange en Katelyn de Beer (0/13 dogter van Broederstroom Laerskool).





