Hartbeespoort wen vriendskaplike wedstryd
Hoërskool Hartbeespoort se sportspanne het die afgelope naweek in vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Bekker kragte gemeet. Hartbeespoort se netbalspen wen 29 – 6, die rugbyspan wen 26 – 5, en die dogterhokkiespan wen 2 – 1. Die seunshokkiespan het gelykop gespeel. Op die foto is Jacques van Tonder, Mario Meyer en Damian Peacock in die rugbywedstryd.