Harties klop Bergsig

05/06/2025Schools

Hoërskool Hartbeespoort se eerste netbalspan het Hoërskool Bergsig met 24-15 geklop om hul plek in die eindronde van die Best Schools Netbaltoernooi te verseker. In die finaal, moes die dogters ongelukkig die knie teen Hoërskool Rustenburg buig en eindig tweede in die Bojanala-streek.
Die ander netbalspanne het besonder goed gevaar en tot die einde toe baklei. Die eerstespan en afrigters is is agter, Me Tharien Coetzer, Thompano Sirovha, Milé Bam, Klara Jonker, Minante Jonker, Runé van Staden, Erin Zylstra, MeAndrea Meyer, en voor Kayla Naudé, Motheo Matlou, Niané Venter en Nicolette Smit.