Harties Stoeiklub presteer
Sewe stoeiers van Harties Stoeiklub het tydens die Danie Voges Ope-toernooi sewe medaljes in die Vrystyl-kategorie Hartbeespoort toe gebring. “Die manne het hulle grootste vriend en vyand veras met hulle perstasies. “Ek kon nie vir meer gevra het nie. Van die spanbestuurder, Liezel Laubscher, afrigter André Laubscher en sewe doelgerigte stoeiers het van die dag ‘n groot sukses gemaak. Dankie en ek glo die hele Harties is trots op julle,” sê klubvoorsitter, Vettie (Ruben) van Loggerenberg.