Hoërskool Hartbeespoort matriekpresteerders

16/01/2025Schools

Hoërskool Hartbeespoort spog met ‘n 98.32% slaagsyfer en verskeie toppresteerders. Die 2024 matrieks het altesaam 144 onderskeidings behaal.

liam_1

Liam Smit is nie net Hoërskool Hartbeespoort se toppresteerder nie, maar is ook aangewys as die toppresteeder in Noordwes in die kwintiel 5- skolekategorie. Liam het sewe onderskeidings met ‘n 94.84% punt. “My punte is hoër as wat ek verwag het, maar ek het gedink ek sal sewe onderskeidings kry,” sê Liam. “Ek het baie hard gewerk in 2024. Ek het buitemuurse aktiwiteite gestaak en op my studies gefokus.” Hy is uiters trots op die prestasie om as die toppresteerder in die kwintiel 5-skolekategorie aangewys te word. “Ek het dit glad nie verwag nie.” Liam begin eersdaags sy meganiese ingenieurswese-studies by die universiteit van Pretoria.

katlego_1

Katlego Mphaka boasts seven distinctions and passed with 89.17%. “I only expected five distinctions and this is a wonderful surprise. I am very happy,” Katlego said. Although she studied hard, she made time to play jukskei and even played for the North West team. “I was also part of the schools Eco and Interact Clubs. I believe in balance in life.” Katlego will be studying medicine or Actuarial Science, depending on which university accepts her application.

mieke_1

Mieke Robbertse het sewe onderskeidings verwerf en spog met ‘n 89.83% persentasie. “Ek is baie trots. Ek het hard gewerk vir dié punte. Ek het tydens my matriekjaar nie aan ander aktiwiteite deelgeneem nie, ek het op my studies gekonsentreer. My harde werk het vrugte afgewerp,’ sê Mieke. Sy gaan vanjaar medies by die Universiteit van Pretoria studeer. “Ek sien baie uit daarna. Ek gaan Pretoria toe verhuis wat sekerlik ‘n aanpassing gaan wees, maar ek is baie opgewonde.”