Hoogspringer na SA’s
Kgothatso Galane, ‘n hoogspringer en leerder van Hoërskool Hartbeespoort het ‘n goue medalje in hoogspring by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe verower. Galane het met ‘n hoogte van 1.89m gewen. Baie geluk Kgothatso, Hoërskool Hartbeespoort is trots op jou!