Hope medaljes vir Xander

31/07/2025Schools

Xander van der Merwe, ‘n Graad 5-leerder van Laerskool Broederstroom het die afgelope vakansie aan die TYR Prestige Swemgala in Durban deelgeneem. Hy verower tweede plekke en silwer medaljes in die 50m borsslag, 50m en 100m rugslag, sowel as 50m en 100m vryslag. Hy het ook derde plekke en brons medaljes in die 50m vlinderslag en 200m individuele ‘medley’ verower. Baie geluk Xander.