Jean wen gesogte toekenning

Jean Potgieter van Hoërskool Hartbeespoort het ‘n eerste plek in die Nasionale Vaardigheidskompetisie vir Ingenieurs, Grafika en Ontwerp behaal. Behalwe vir die titel as nasionale wenner, het Jean ook met nuwe IGO-instrumente, ‘n gratis kortkursus en ‘n studiebeurs van R85 000 weggestap! Hierdie is ‘n besonderse prestasie en die skool is trots op hom!


