Laaste kans om Herfsmark te besoek

01/05/2025News

Diegene wat nog nie die gewilde jaarlikse Herfsmark van die Gereformeerde Kerk, Hartbeespoort besoek het nie, het nog tot Saterdag kans om inkopies te doen en heerlike kos te geniet.
Die Herfsmark bied ‘n groot verskeidenheid stalletjies met gehalte produkte en smullekker eetgoed waarvoor die mark so bekend is. Stalletjies bied vanjaar uitstallings van handwerk en kuns, juwele, klere, dekor, meubels, varsgebak, vleis en nog baie meer.
Afgesien van die heerlike eetgoed wat gedurende die dag in die teetuin geniet kan word, is daar ‘n vasgestelde spyskaart vir aandetes. Kom geniet ‘n heerlike aandete by die mark of kry net ‘n wegneemete.
Die mark is is elke dag oop vanaf 09:00 – 19:00 en sluit Saterdag, 3 Mei om 15:00.