Landlopers presteer by ANWN

Baie geluk aan die 40 atlete van Laerskool Generaal Hendrik Schoeman wat goed presteer het by die Atletiek Noordwes Noord (ANWN)-kampioenskappe in Zeerust. Twee-en-twintig van die atlete het kwalifiserende tye gehardloop, en meeste het hulle beste tye vir die seisoen gehardloop.
Janina Badenhorst het ‘n tweede plek verower met minder as ‘n sekonde agter die wenner. Lumé Venter het ‘n derde plek verower. Tete Dijana, wat in 2022 en 2023 die Comrades gewen het, het hulle medaljes oorhandig.

Die atlete is voor: Bismarck Lightfoot, Micheal Polson en Thomas Dreyer.
Middel: Markus Oelofse, Nicola van der Merwe, Benjamin Badenhorst, Jan Venter, Elmien Kriek, Adriaan Bezuidenhout, Arun Keshav, John-Micheal Maloney en Patrick Maloney.
Agter: Afrigter Yolande Basson, Lian van der Merwe, Amiré Kruger, Olivia Rossato, Derick Polson, Dihana van der Westhuizen, John Hough, Ju-an Hatting en Daniel-Louies Evans.
Luhan Fourie en Lika Pretoruis is afwesig op die foto.

Voor: Mila Oosthuizen, Engeli Maloney, Sebastian Weyer, Olivia Dreyer, Ethan Ridgard, Johandré Evans, Lumé Venter, Jaiden Keshav
Agter: Afrigter Yolandé Basson, Janina Badenhost, Milané Pretoruis, Engela Bezuidenhout, Hercules Muller, Markus Bezuidenhout, Enzo Rossato
Juan van Vollenhoven en Bernard Evans is afwesig op die foto.