Liran wen ‘Numeracy Challenge’
Liran Prinsloo, ‘n Graad 3-leerder van Laerskool Broederstroom, is as Tshwane-Wes Distrik se ‘Numeracy Challenge’-wenner aangewys. Liran gaan Tshwane-Wes by die interprovinsiale kompetisie verteenwoordig. Baie geluk Liran. Broedies is trots op jou. Op die foto is Suné Engelbrecht, Liran Prinsloo en Kelebogile Moeletsi van Tshwane-Wes Distrik wiskundedepartement wat aan Liran ‘n geskenk kom oorhandig het.