Luca presteer in SANJ
Luca Otto, ‘n leerder van HoĆ«rskool Brits en swemmer van die Champion Swemklub, het van 25 tot 29 April 2025, vir die eerste keer aan die SA Nasionale Junior Swemkampioenskappe (SANJ) in Kaapstad deelgeneem en teen die sterkste kompetisie in die land geslaag om in drie items, 50 en 100 vryslag, en 50m borsslag, vir die finale rondtes te kwalifiseer. Hier is Luca saam met sy afrigter Yvonne Victor van Champions Swemklub.