Maaltydplan vir ‘n skooldag
deur Annelien Pienaar
Ontbyt
My kinders verkies ʼn proteien drankie 3 x per week en hier is vir julle ʼn resep wat ek gereeld maak en dan die vrug van keuse verander soos dit beskikbaar is. Proteinpoeiers is geredelik by jou naaste kettingwinkel apteek beskikbaar. Koop ʼn soort wat laag is in preserveermiddels en geurmiddels. Dit is redelik duur maar jy het basies net 15 ml per kop nodig en sal vir 2 kinders ongeveer 3 maande hou as jy 3 x per week so ʼn ontbytvervanging doen.
Piesangbrood geure smoothie
20g donker kakao sjokolade (opsioneel)
100ml klapper of enige melk (resep om alternatiewe melk beskikbaar)
15 ml whey protein isolate
Knippie kaneel
1 piesang of vrug van keuse (gevries maak dit ʼn heerlike gladde Jantjie)
50g hawermout, oornag geweek in 125 ml water
Dreineer die hawermout en plaas al die bestanddele in ʼn voedsel verwerker geskik vir die doel van puree’s maak soos ʼn Bamix (mengstok) of Nutri bullet en verwerk tot baie fyn. ʼn Paar ysblokkies kan ook bygevoeg word.
Indien hulle nie van proteien gladde jantjies (smoothies) hou nie, kyk na beskuit resepte gevul met energie en ook ʼn energie stafie gepak met sade en neute om die omega vlakke aan te vul. Onthou omega kom van byvoorbeeld lynsaad (flax seed) en chia sade, neute en in ʼn klein mate van die olies wat in die beskuit gebruik word.
Kosblik 1: 9 jarige
*Voedsel allergie: E-reeks preserveer-, kleur- en geur middels.
30 g Quinoa broodjie sny
10 g repies ham of enige kouevleis sonder preserveermiddels
2 stukkies blaarslaai
Geen botter op broodjie (klein Filistyn hou nie van botter of margarien) maar 15 ml gekookte slaaisous
100 ml jogurt (tuis gemaak) (Suiwel kursus aanlyn in Maart beskikbaar)
6-8 druiwe korrels
4-6 kersie tamaties
20 g pekans (heerlike breinkos)
30 g wortel vingers (wel nie ‘n lae GI maar my dogtertjie is gek oor ‘n wortel, maar dien tog as vesel en die soet gee bietjie energie)
500 ml water met 100 ml kombucha en snytjie suurlemoen gemeng.
Kosblik 16 jarige
2 roti’s volkoring (wraps)
6 slaai blare
50 g ham
30 ml gekookte slaaisous
50 g komkommer
20 g mozzarella
Bogenoemde bestanddele maak die wrap op.
1 appel 100 g in wiggies gesny en met suurlemoensap gespuit om verbruining te voorkom.
50 pekans
100 g tamatie
30 g wortels
200 g jogurt
500 ml water met 100 ml kombucha
en snytjie suurlemoen gemeng