Meerhofskool by prestige byeenkoms
Twee atlete van Meerhofskool het by die onlangse Prestige Atletiekbyeenkoms by Herman Immelman in Germiston uitsonderlik presteer en twee rekords gebreek. Mar-lie Coetzee breek die Gewigstootrekord vir dogters o/10 en Chanieke Pretorius die Diskusrekord vir dogters o/13. Baie geluk!