Netbalspelers na provinsiale kampioenskappe
Hoërskool Hartbeespoort spog met twee netbalspanne wat na die volgende rondte van die Noordwes Skole Netbalkampioenskappe deurdring.
Die onder 16A-netbalspan wen Hoërskool Wagpos 10 – 3 en eindig algeheel derde in die Bojanala-distrik.
Die eerste netbalspan wen Hoërskool Brits 28 – 19 en eindig ook algeheel derde in die Bojanala-distrik. Baie sterkte met die volgende rondte wat onderskeidelik in Potchefstroom en Rustenburg gespeel sal word.
Die eerste span is agter, Olivia Powell, Minante Jonker, Erin Zylstra, Milé Bam, Jolene de Jager, en voor, Abbi Brits, Lindsay McManus, me. T. Coetzer, Anastia Fouché en Runé van Staden. (Afwesig: Megan du Toit)