Pret by diensraadkamp

03/10/2024Schools

HoĆ«rskool Hartbeespoort se leerders was beslis besig die afgelope vakansie. Die leerders van die skool se diensraad het hul gate uit geniet by die Diensraadkamp 2024. Behalwe vir spanbouspeletjies, bietjie beplanning en hope pret was die diensraadkamp die regte manier om ‘n nuwe termyn af te skop.
Die diensraad sien uit na die nuwe projekte, beplanning en wat die groep gaan regkry in diƩ termyn.