Sagtebalspelers presteer by SA’s
Baie geluk aan dié sagtebalspelers van Hoërskool Hartbeespoort wat besonder goed gevaar het tydens die Suid-Afrikaanse sagtebalkampioenskappe.
Franco Steyn (derde beste bouler in die toernooi), Miela van Sittert en Carla Maree is vir die Suid-Afrikaanse span gekies.
Die Noordwes-seuns het die derde plek verower. Van links is Wiehan Venter, Ivan Ferreira, Juwaan Marsh, Gerhard Mostert, Merrick Rossiter, Dirk Fouché en spanbestuurder, M van Schalkwyk (voor).