Schoemie-rugbyspelers na rugbykliniek
Laerskool Generaal Hendrik Schoeman se rugbyspanne het pas teruggekeer van ‘n toer na Camp Discovery waar hulle ‘n rugbykliniek bygewoon het. Dit was ‘n fantastiese ervaring vir die rugbyspelers. Die seuns het baie geleer en waardevolle ervaring opgedoen. Die skool bedank hul toegewyde personeel en ouers vir die ondersteuning. Die rugbyspelers bou nou voort op die ervaring en sien uit na die res van die rugbyseisoen.