Schoemie-ruiters palm toekennings in

21/11/2024Schools

Laerskool Generaal Schoeman se perderuiters het puik gevaar tydens die onlangse SANESA Noordweskampioenskappe en is die afgelope naweek by die SANESA Prysuideling as die SANESA Noordwes laerskool wenners aangewys. Die Schoemie-ruiters het verskeie toekennings ingepalm en Laerskool Generaal Hendrik Schoeman is as die wenskool aangewys. Die ruiters is agter, Annebel Welman, Yahmila de Wet, Dihana van der Westhuizen, Kalyn Mouton, Carla van Huysteen, Leané Fick, Gelya Visser, middel ry, Bernique Naudé, Klara Janse van Rensburg, Amoré Muller, Milandi Fick, Juané Liebenberg, Mia Toxopeus, Helé Britz, en voor, Nicolaas Daniels, Marjorie Dreyer, Minke Lubbe, Ané Olivier, Lia Lubbe, Lea Bezuidenhout en Karli Maloney.