Sewes-rugbyspelers na Dubai

29/08/2024Sport

 

Hoërskool Hartbeespoort se Sewes-span het hulself uitstekend van hul taak in Potchefstroom gekwyt. Die eerstespan wen HTS Potchefstroom 33 – 5 in die finaal. Die hele span is uitgenooi om in Dubai aan die jaarlikse Sewes-toernooi deel te neem.
Jadon Meyer is as agterspeler van die toernooi aangewys en Wiehann Venter as die speler van die wedstryd in twee wedstryde. Mooi so manne!
Die span is agter, mnr M Steenkamp, Wiehann Venter, Divan Koen, Reitmetse Netile, Anikwe Zuma, KT Mogashoa, Katleho Thimisha, Junior Munyai, Dylan du Plooy, mnr R van Staden, middel, Kgosi Matshane, Omphemetse Mapkane, Jadon Meyer, Theo Mothoagae, en agter Rea Tladinyane.