Silwer vir Broedies-hengelaars
Laerskool Broederstroom is trots op hul hengelaars en afrigters na ‘n puik hengelseisoen. Al die spanne het silwer in die Gauteng-Noord Varswaterhengel-skoleliga verower. Die onder-10 rn onder-13 seuns en onder-13 dogterspanne gaan Gauteng-Noord by die SA skolekampioenskappe in Oktober by Bloemhofdam verteenwoordig.
Voor is Waldo Damaske, Imke Damaske, Gerrie van der Merwe, Marco Saaiman, Henro Fourie, Coenie van der Merwe, Marcus Hefer, Sebastian Damaske, en agter die afrigters, Anton Saaiman, Manie Hefer, Gerrie van der Merwe en André Bezuidenhout (skoolhoof).