Skopboksers presteer by SA’s

26/06/2025Schools

Ses skopboksers van Laerskool Broederstroom het onlangs aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem en goud, silwer en brons medaljes verower. Hulle is genooi om in Oktober aan die wêreldkampioenskappe in Engeland deel te neem. Baie geluk Dawid Bodenstein (1goud en 2 silwer), Gustav Bezuidenhout (2 goud), Jaundré Mulder (2 goud en 1 brons) en Sion Leschinsky (2 silwer en 1 brons). Evan van Tonder (2 goud) en Pieter van Tonder (1 goud en 1 silwer) is afwesig op die foto.