Stephan in SA-span

Stephan Van Rooyen, ‘n leerder van Hoërskool Hartbeespoort, is vir die Suid-Afrikaanse Hoërskole Gholfunie-span gekies. Hy sal in Desember teen die Amerikaanse studentespan speel. Die skool is uiters trots op hulle talentvolle gholfspeler.








