Stoeiers beloon
Die Harties Stoeiklub het onlangs hul jaarlikse prysuitdeling gehou om stoeiers te beloon vir hulle harde werk gedurende 2024.
Die presteerders is voor, Daniel van Graan (Lojaalste Stoeier 2024) Thomas Dreyer (Bulletjie van die Jaar 2024), Olivia Dreyer ( Beste Vordering Vroue Stoeier 2024) Michiel Prinsloo (Beste Vordering Stoeier 2024), middel, Reuben van Graan (Toegewydste Stoeier 2024), Keagan Laubscher (Bloed & Sweet Stoeier 2024), Jean Laubscher (Wetenskaplikste Stoeier 2024), en agter is die afrigters Andre Laubscher en Vettie-Ruben van Loggerenberg.
Adriaan Bezuidenhout (Deursettingvermoë Stoeier 2024), WC Du Plessis (Lojaalste Stoeier 2024), Jean-Luc Niehaus (Deelnemer 2024) en Gert Stapelberg (Deelnemer 2024) kon nie die geleentheid bywoon, en is nie op die foto nie.
Voornemende stoeiers word genooi om by die klub aan te sluit. Kontak Ruben van Loggerenberg by 083 280 9905.