Swemmers laat die water spat
Dié swemmers van Hoërskool Hartbeespoort het die water laat spat by die afgelope Noordwes Skole Swemkampioenskappe in Potchefstroom.
Caitlin Rossiter het die volgende uitslae behaal: 100m Rugslag (eerste), 400m IM (eerste), 200m Rugslag (eerste), 200m IM (eerste), 50m Vryslag (eerste), 50m Rugslag (eerste), 400m Vryslag (derde). Caitlin het in die o18-dogterskategorie geswem en ook haar SANJ-tye behaal.Neil Holtzhausen: – 100m Borsslag (Eerste), 400m Vryslag (Derde), 200m Borsslag (Eerste), 200m IM (Tweede), 400m IM (Tweede), 50m Borsslag (Eerste), 200m Vryslag (Derde).
Ruan Holtzhausen: 200m Borsslag (Tweede), 100m Borsslag (Derde).