Hartbeespoort Tennisklub se Swing & Serve gholfdag by Seasons Gholfbaan op 23 Augustus was ‘n reuse sukses.
Die tennisklub, wat vanjaar hul 50ste bestaansjaar vier, het die fondsinsamelingsinitiatief geloods om, onder meer, ondersteuning te bied aan kinders wat nie in ‘n finansiele posisie is om tennislesse, tennistoernooie of tennistoerusting te kan bekostig nie.
Die sukses van die Swing & Serve gholfdag stel die tennisklub nou in staat om hierdie doelwit te bereik en kinders met ‘n liefde vir tennis uit die strate te hou, en op die tennisbaan te kry.
Die klub is ook nou in ‘n beter posisie om die infrastruktuur te onderhou.
Die dag is hoofsaaklik deur Phatsema Projects & Supplies geborg.
Ander borge sluit in: Dreiers, Pick n Pay Harties, Hartmark, Lindie Nel Aesthetics, Tin Roof Eatery, French Toast, Sasol Ifafi, ZA Solar en Del Forno’s Pizza.