Terug skool toe – Gee jou kind breinkos
deur Annelien Pienaar
Breinkos is belangrik om konsentrasievlakke met kos te beheer en konstant te hou. GEEN eetgoed uit pakkies. Draai die pakkie eetgoed om en lees die bestanddele lys. Is jy bereid om vir jou kind woorde wat jy nie kan ontsyfer te gee? Weet jy ooit wat daardie woorde beteken en wat hul funksie is? Wat is die effek van langdurige gebruik van pakkies verwerkte voedsel op die liggaam? Opbou van gifstowwe, vrye radikale en karsinogene! Hoeveel aandag gee jy aan intestinale gesondheid. Kry jou kind genoeg probiotika in deur die voedsels wat hul eet?
Het jy geweet dat ongeveer 80% van seretonien in die dermkanaal vervaardig word en dit het te doen met gemoedstoestand. Pro- en prebiotika hou jou kind se liggaam gesond veral in tye van stres en uitputting. Hierdie is ʼn paar saadjies wat ek plant om jou verder navorsing te laat doen. Lees asb die volledige artikel.
Ons woon in die platteland en dus is ryery en aktiwiteite vir skool ‘n hele dag se tog. My kosblikke moet my Filistyne onderhou tot ten minste 15:00 in die dag. Bloedsuikervlakke wat nie konstant bly a.g.v swak voeding, is die grootste oorsaak waarom kinders as “stout of moeilik” bestempel word. Ouers moet in ag neem, dat die volgende faktore belangrik is om die konstante bloedsuiker vlakke te handhaaf.
‘n Kind kan nie langer as 20 min aan een konsentreer nie. Gewoonlik is lesse ook net so lank voordat hulle met werk moet aan gaan. Daarom ook hoekom pouses so geskeduleer word dat kinders die tyd sal gebruik om te eet (eintlik meer peusel) in hierdie tyd.
Dit is belangrik vir kinders en volwassenes om ten minste elke 3-4 (4ure rek dit) te eet. Dit is waar die kritieke tye in kom waar die knaaggogga jou beet kry, dink mooi en kontrolleer jouself oor my stelling. Dit gebeur as die bloedsuikervlakke begin daal. Die brein kry nie genoeg suurstof en begin vir die liggaam tekens te gee om kos te soek. Ja, en dan begin die bose kringloop en daar word na die eerste ding gegryp wat die knaaggogga stil en dit is gewoonlik stysel! Dus, moet ons kyk na die tipe kos wat ons inpak.
Proteïne en koolhidrate moet in fyn balans kombineer word vir die onderhouding van konstante bloedsuiker vlakke en genoegsame suurstof wat na die hele liggaam versprei word. Daar moet vir eerste en tweede pouse ‘n protein beskikbaar wees. Neute is ook ‘n goeie bron van proteïne, suiwel ens. Leer jou kind om sy/haar happies te beplan en verduidelik dat byvoorbeeld met die 9-jarige se kosblik die neute eers tweede pouse geëet moet word.
Koolhidrate kan problematies wees. Kies vrugte en ook stysels wat ru en so onverwerk moontlik is. Druiwe, litchie, pynappel, piesang moet in moderasie geneem word. Appels is altyd ʼn wonderlike alternatief en vol vesel en koolhidrate vir ʼn goeie kombinasie vir konsentrasie.
Die Quinoa broodjie bied ‘n balans tussen die goeie proteïen van die quinoa en meel wat ʼn koolhidraat is. Hierdie tuisgebakte broodjie is vullend en hou die bloedsuikervlakke vir lank konstant. Dit bevat volkoringmeel wat steengemaal is wat die volledige graankorrel bevat.
Die kiemgedeelte van die graankorrel bevat ook oneindig baie antioksidante, vitamiene en minerale en goed vir die brein.
Koop steengemaalde meel soos van Eureka Mills.