Tihan in Luiperdspan
Tihan van der Colff van Hoërskool Hartbeespoort is vir die Luiperdspan gekies en ingesluit in die onder 18-span wat in die Craven Week sal speel. Hulle is reeds hard aan die oefen en berei voor vir die nasionale toernooi, wat vanaf 23- 29 Junie by Hoërskool Monument plaasvind. Sterkte Tihan, die skool is uiters trots op jou.