Speedy Brits is onder nuwe eienaarskap, en die nuwe eienaar, Paul Botha, verseker die gemeenskap dat hulle kan staatmaak op top-gehalte diens en produkte.

Hennie Pelser, Paul Botha en Cobus Pelser van Speedy Brits.
“Dit is met groot trots en dankbaarheid dat ek myself voorstel as die nuwe eienaar van Speedy Brits, ’n naam wat al die afgelope 20 jaar trots die gemeenskap van Brits bedien het. Ons doen bande, batterye, uitlaatstelsels en ook algemene herstelwerk. As iemand wat die waarde van gemeenskap, erfenis en gehalte diens verstaan, wil ek ons lojale kliënte en vennote gerusstel dat die hart van hierdie besigheid, die verhoudings, die vertroue en die toewyding, presies dieselfde sal bly,” het Botha gesê.
“Hoewel ek uit die logistieke bedryf kom en al die afgelope tien jaar n logistieke operasie bestuur het, is die bande- en motorherstelbedryf ’n bekende en opwindende uitdaging vir my. Ek verwelkom hierdie nuwe fase met groot opgewondenheid en is vasbeslote om te leer by die ervare span en hierdie wonderlike gemeenskap.”
Botha se doel is om die stewige fondament, wat oor twee dekades gebou is, te eer, terwyl daar moderne verbeterings aangebring word. “Dit sal ons in staat stel om die gemeenskap selfs beter te bedien – van verbeterde stelsels en toerusting tot verbeterde kliëntediensprosesse. “Ons is ook reeds besig om die area te bedien met ‘n 24-uur mobiele herstel- en versieningsdiens. Kom loer gerus in wat ons bied.”
Kontak Speedy Brits by 084 785 00 00 of besoek hulle by Hendrik Verwoerdlaan 6, Brits.
