AfriForum ruim biblioteektuin op
Na Kormorant verlede week berig het oor die haglike toestande by die munisipale kantore en die afgeskeepte tuin by die nuwe biblioteek in Schoemansville, het AfriForum Hartbeespoort Dinsdag ingespring om die toestande te help verbeter.
‘n AfriForum-span het die lang gras en bosse om die biblioteek skoon gesny en sal Vrydag voortgaan om die tuin mooi te maak.
“Dit het baie sleg gelyk en ons help waar ons kan om die Hartbeespoort-omgewing op te knap,” het Nelis Janse Van Rensburg van AfriForum Hartbeespoort gesê.