Bekende sanger, HEMS besoek Johandré

17/04/2025News

Die bekende sanger, Riaan Benade, het saam met Jerry Bouwer van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) die afgelope week besoek afgelê by die sewejarige Johandré Blom, wat ‘n maand gelede sy arm in ‘n krokodilaanval verloor het.

Riaan Benade en Jerry Bouwer saam met Johandré Blom.

HEMS het Johandré op die toneel behandel en toe ‘n vlug met ‘n noodhelikopter geborg om Johandré dringend by ‘n spesialishospitaal te kry.
Johandré is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan en sterk nou tuis aan. “Baie dankie dat oom Riaan en oom Jerry vir my kom kuier het. Dit was baie lekker om met julle te gesels,” het hy gesê.