Besighede skenk kos vir Blikkiesfees
Kormorant daag ander sakeondernemings uit om blikkies kos te skenk vir die Blikkiesfees dié naweek. Op die foto is Natanya du Toit en Karen van Huizen van Kormorant, Daniel Webb van Pick n Pay Brits Mall, Lybon Chauke van Volkswagen Brits en Johan van Wyk van Bosveld Stereo.
Kormorant het dié week saam met ander sakeondernemings soos Volkswagen Brits en Pick ‘n Pay in Brits Mall bygedra om kos in te samel vir die jaarlikse Bosveld Stereo se Blikkiesfees dié Vrydag en Saterdag, 31 Mei en 1 Junie.
Die Blikkiesfees samel jaarliks derduisende blikkies kos in om onder behoeftiges te versprei. Donasies van blikkies kan op die Volkswagen Amarok-bakkie in Brits Mall geplaas word. Die Blikkiesfees word by die Heartland Equestrian Park op die R511 gehou.
Meer as 20 bekende musiekkunstenaars sal sorg vir vermaak terwyl besoekers kan kuier by stalletjies ‘n biertuin en pretpark. Toegang is R50 en blikkieskos.
Kormorant daag ander besighede uit om ook by te dra en honger gesinne die winter by te staan.