Bosveld Vleisfees dié naweek

02/05/2024Events

Hennie de Bruyn en die Kitaar Kêrels tree by die Bosveld Vleisfees op.

Die NG Kerk Sanddrift se langverwagte jaarlikse Bosveld Vleisfees is hier en die gemeenskap kan Saterdag, 4 Mei, van vroeg tot laat ‘n heerlike dag kom geniet.
Bring die familie, jou khaki’s en kampstoel en vang gees saam met musiekkunstenaars soos Irene-Louise, Hennie de Bruyn en die Kitaar Kêrels, Jeanette en Pieter Smith. En vir die kleingoed is daar Bee Bee die By.
Aktiwiteite is daar genoeg: Kompetisies, rissie-eet, bokdrol-spoeg, sweepslaan en baie meer. Groot uitstallers verseker daar is genoeg om jou besig te hou, en moenie vergeet van die veiling nie!
Kom met ‘n leë maag, want daar is hope om aan te smul. En natuurlik vleis – die beste gehalte teen die beste pryse.
Daar is iets vir almal, jy wil dit nie mis nie! Die fees word op die kerkterrein langs die R511 by Sanddrift (sowat 22km vanaf Brits) gehou.
Vir meer inligting, kontak Johan by 082 829 0869 of Tienke 082 713 9307.