Brahman Vleis Mark

27/03/2025News

Brahman Vleis Mark het dié maand sy deure in Hartbeespoort geopen en met die intrapslag herinner dié nuwe slaghuis jou aan die tradisionele slaghuise van ouds waar die gemeenskap persoonlike diens ontvang en sommer saam kuier.

Daniel Cronje , Susan Jansen van Vuuren en Jean-Pierre Jansen van Vuuren.

Die twee eienaars, Daniel Cronje en Jean-Pierre Janse van Vuuren, het albei ‘n boerdery-agtergrond.
Daniel se hele familie boer en bedryf slaghuise en abattoirs in Pretoria en Thabazimbi.
“My oupa het in Coligny met skape, melk beeste en sonneblomme geboer. Dit was die lekkerste gevoel as ek naweke van die dorp plaas toe is om te gaan help en kuier,’ sê Jean-Pierre. “Hy het my geleer om skaap te slag, wors te stop en vleis te bewerk.”
Die twee het saamgespan en besluit om Brahman Vleis Mark te open. “Ons wou ‘n tradisionele slaghuis hê wat geskik is vir almal in die gemeenskap, wat iets anders is en jou aan die goeie ou dae laat dink. Ons wil graag vir die gemeenskap sê ons is dalk nuut in die dorp, maar ons doen dinge soos in die ou dae… ‘n paar vellies en een kort broek op ‘n slag.”
Brahman Vleis Mark spog met produkte van verskaffers uit die gemeenskap op hul rakke en beoog om ander plaaslike entrepreneurs so te help om besighede te groei.
“Ons streef na die lewering van hoë gehalte vleisprodukte en net die beste, vriendelikste diens. ‘’n Suksesvolle besigheid se bestanddele is die produk, die personeel en die gemeenskap. Ons nooi die gemeenskap om by ons in te loer.”
Besoek Brahman Vleis Mark by Winvest Business Park op die R511, oorkant Dreiers.