Brandweermanne red hondjie uit boorgat

29/08/2024News

Brandweermanne van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) se brandweereenheid het Sondag twee ure gespook om ‘n baba boerboelhondjie uit ‘n boorgat in Brits te red.
Volgens Riaan Weideman, is HEMS se Station 21 Fire & Rescue-span Sondagmiddag laat gekontak oor die hondjie wat in ‘n boorgat geval het. “Die hondjie, wat sowat agt weke oud is, het ongeveer drie meter af in die boorgatpyp vasgesit. Volgens die eienaars was daar ‘n deksel op die gat, maar die hondjie moes dit oopgekrap het. Hy het met sy agterpote eerste in die pyp afgeval tot waar hy vasgesit het.”
Riaan en mede-brandweermanne, Nichard Harmse en Ulrich Allam, het twee ure gepoog om die hondjie uit die gat te kry. “Ons toue was te dik en toe merk ons ‘n stuk PVC-pyp en nylontou op die erf op. Ons het ‘n outydse noose met die pyp en tou gemaak en kon daarin slaag om die hondjie aan die kop en poot te haak en uit te trek. Ons moes baie versigtig wees sodat hy nie verder in die gat afval nie,” het Riaan gesĂȘ.
Die eienaars het die babahondjie vermis en na hom geroep. Hulle het hom hoor tjank en hom in die boorgat aangetref. Hulle het eers die Madibeng Brandweer gebel wat hulle glo nie gehelp het nie. HEMS het egter onmiddellik gereageer en hulle hondjie gered.
“Ons is baie trots op ons manne wat altyd die ektra myl loop om mens en dier in nood te help,” het HEMS-woordvoerder, Leandre Spies gesĂȘ.