Drie dood in naweek-ongelukke

28/07/2025News

Drie mense is verlede naweek dood in ongelukke in Hartbeespoort en Brits.

Twee mense is dood in ‘n botsing op die Lanseria-pad.

Twee mense Vrydagaand is dood in ‘n botsing tussen ‘n trok en ‘n kar op die Lanseria-pad naby Nikita Restaurant. Twee mense is op die toneel dood verklaar en ‘n derde, ernstig-beseerde, persoon is deur Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) na ‘n hospitaal in Brits vervoer.
‘n Motorfietsryer is ook Vrydag op die Sonoppad by Brits dood in ‘n botsing tussen ‘n taxi en ‘n motorfiets.