EV Global-span

30/01/2025News

EV Global het hul deure in Hartbeespoort in Augustus 2020 by die Damdoryn-winkelsentrum geopen en het in die afgelope vier jaar ‘n gesogte diensverskaffer in die gholfkar-bedryf geword.

Gerrit Meyer en Olga Jacobs van EV Global.

“Die beisgheid en kliente het gegroei en ons het na ‘n groter werkswinkel op die Macall Farms-pad oorkant Mount Amanzi (Plot 128 Hartbeesfontein) verhuis. Die EV Global Harties span het saam 25 jaar ondervinding in die gholfkar-dienste en herstelbedryf,” sê Olga Jacobs, eienaar van EV Global.
EV Global se dienste sluit in: Dienste en herstel van alle handelsname gholfkarre (EZGO, Yamaha, Club Cart ens); verskaffing van alle parte insluitend lithium en deep cell batterye; opknap en verbetering van gholfkarre; lang- en korttermyn verhuring van gholfkarre en verkope van nuwe, ‘oorgedoende’ en tweedehandse gholfkarre.
“Ons het ‘n wye kliëntebasis om die dam en in sekere dele van Noordwes wat van privaat kliënte, kwekerye, gholfbane, sekuriteitsmaatskappye, vakansieoorde ens insluit. Enige eienaar van ‘n gholfkar is welkom om ons te kontak. Ons diens is van uitstaande gehalte en eerlikheid en kommunikasie met kliënte is een van die belangrikste aspekte in ons besigheid. EV Global Harties wil al sy kliënte bedank vir hul ondersteuning en streef daarna om die beste diens te bied. Ons verstaan dat gholfkarre nie net meer vir gholf gebruik word nie, maar vir alledaagse en essentiele aktiwiteite in residensiële landgoed en besighede. Ons poog om gholfkarre so spoedig as moontlik aan die eienaars terug te verskaf.”
Kontak 082 905 4575.