Fia se Springkastele

13/02/2025News

Vir die afgelope 25 jaar sorg Fia se Springkastele pret en plesier tydens kinderpartytjies en ander geleenthede in Hartbeespoort en Brits.

Pieter Du Plessis (Jnr), Pieter en Fia Plessis en Pieter-Jan Alers.

“Dit het alles begin met een klein spingkasteeltjie wat ons met liefde gekoop het. Ons het elke oomblik gekoester – van ons eerste verhuring tot waar ons vandag staan,” sê Fia du Plessis.
“Die pad was nie altyd maklik nie, maar elke uitdaging het ons net sterker gemaak. Ons het ons besigheid uitgebou tot ‘n florerende onderneming met ‘n vloot van 60 verskillende springkastele wat ons met trots by die kliënt se deur aflewer.”
Of dit nou ‘n verjaarsdagviering, troue, kerkfunksie, of ‘n ander geleentheid is, die span staan gereed om elke kliënt te help om ‘n onvergeetlike dag vir die kleingoed te skep. “Ons waarborg kliëntetevredenheid en ‘n glimlag op elke kind se gesig.”
“Ons wil al ons kliënte bedank vir hul voortdurende ondersteuning. Ons sien uit na nog vele jare van pret en vriendskap!”
Kontak Fia se Springkastele by 079 711 6883 vandag nog vir ‘n bespreking vir ’n suksesvolle partytjie.