GET TO KNOW… Heidie Nel
Heidi Nel het ses jaar gelede ‘n koekversierkursus gedoen om haar vriendin te ondersteun, min wetende dat dit ‘n lonende besigheid en loopbaan sou word.
“Toe ek egter begin oefen, was dit so lekker dat ek nie weer opgehou het nie,” sê sy.
“Ek geniet dit om kreatief te wees en elke skepping wat ek maak is uniek. Mense kan vir my ‘n foto gee en ek sal die koek maak!. Ek probeer my blomme so realisties as moontlik te laat lyk. En dit is ‘yummylishes’ eetbare bossies blomme wat jy vir iemand kan gee as ‘n geskenk.
“My inspirasie kom van die nuutste ‘trends’. Ek kyk gedurig videos vir nuwe idees en ontwerpe. Ek hou van die proteas, lelies, madeliefies en sommer net my eie Heidirella-blommetjies. Ek spesialiseer net in blomkoeke en kolwyntjies. Ek gebruik nie fondant nie, al my koeke is met botterroom versier wat smullekker is.”
“Ek hou daarvan om ‘n glimlag op klante se ‘tong’ te sit. Ek geniet die waardering as hulle die koekskeppings sien.”
Heidi maak ook spesiale ‘teachers gifts’- ‘n pragtige blomkolwyntjie in ‘n mooi houertjie.
Kontak Heidi Nel by 083 415 4656.