GET TO KNOW… Snicker Doodles Pet Shop

24/10/2024News

Die bekende Snicker Doodles troeteldierwinkels in Brits en Hartbeespoort bedien troeteldiereienaars in dié gemeenskappe al byna 20 jaar en dit is steeds vir hulle ‘n passie.
Janette en Kobus Horn het die eerste winkel in 2007 in Brits geopen en sedert die opening was dit ‘n gewilde kuierplek vir troeteldiereienaars.
“Ons het die kennis en die produkte om troeteldiereienaars te help om hul troeteldiere na die beste van hul vermoë te versorg sodat hulle aan jou plesier kan verskaf en hul beste lewe lei,” sê die egpaar.
“Ons gee om vir elke dier, of dit nou die wurms is wat gaan kos word of die akkedis wat dit gaan eet. Ons spesialiseer in voëls, visse, reptiele en klein diertjies. Ons gee graag raad oor die regte dieët vir elke troeteldier.”
“Ons het n droom van die Here gekry om die winkel te begin en weens ons liefde vir diere was dit n maklike besluit. Dienslewering is vir ons die belangrikste prioriteit. Ons gee om vir die kliënt en sy troeteldier.
Diereprodukte is oral beskikbaar, maar die kennis wat gepaard gaan met ondervinding is nie.”
Besoek Snicker Doodles troeteldierwinkel by Midas Centre Hartbeespoort 082 605 8870, of Deboerstraat 22 Brits 081 455 7909.