Hartbeespoort-onderwyser gekies as Luiperds-skeidsregter
Mark Bailey, ‘n onderwyser by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman, is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die Nr 1 skeidsregter van die Luiperds-span aangewys. Die jaarlikse Top Skeidsregters-saamtrek het onlangs in Bloemfontein plaasgevind waar die Top 10 skeidsregters van regoor die land hulle staal moes wys.