Harties Fotografieklub se April-wenners

17/04/2025News

Harties Fotografieklub het op 1 April hul maandelikse fotobeoordeling gehad. Die senior wenfoto, “Darter in the sun” is deur Andries Roesch ingeskryf. Mieke Postma het die juniorafdeling gewen met haar foto “Dandelion in pink”. Die beoordelaar vir die aand was Danie Smit van Highveld-Sasol Fotografieklub.
Harties Fotografieklub se volgende beoordelings aand vind plaas op 6 Mei 2025.
Fotograwe wat belangstel om by die fotografieklub aan te sluit kan 071 671 8427 kontak.