Harties Rugbyklub berei voor vir 2025

05/12/2024News

Die Harties Rugbyklub sal in 2025 hul voorseisoen amptelik met ‘n oefensessie by Xanadu Privaatskool begin.
Hierdie sessie sal plaasvind op 7 Januarie 2025 om 18:00.

Braam Booysen, Juan Swanepoel, Dewalt Viljoen, en voor, Vincent Verwey, Michaela Robertson, Juanita Pretorius en Marius Coetzer.

Die afrigtingspan beplan om die spelers voor te berei vir ‘n suksesvolle seisoen. Die oefeninge sal fokus op fiksheid, vaardighede en spanbou. Elke speler sal ‘n belangrike rol speel in die voorbereiding vir die komende wedstryde. Oefeninge sal Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00 plaasvind.
“Met ‘n kombinasie van ervare spelers en nuwe talent, voorsien die klub ‘n dinamiese en kragtige seisoen. Ondersteuners word hartlik uitgenooi om die span te kom ondersteun en deel te wees van die opwindende seisoen wat voorlê,” sê Dewalt Viljoen.
“Dit is ‘n voorreg om die Harties Rugbyklub weer op die been te bring. Ons is besig om bande te smee met borge en die Hartbeespoort-gemeenskap om die klub te groei. Ons bestuur bestaan uit ‘n span persone met veelsydige agtergronde in sport en administrasie.”
Die Harties Rugbyklub se bestuur van 2025/2026 as volg: Voorsitter – Juan Swanepoel, ondervoorsitter (Sport) – Vincent Verwey, ondervoorsitter – (Besigheid) – Juanita Pretorius, direkteur van Rugby – Braam Booysen, Tesourier – Werner Nagel, klubbestuurder – Marius Coetzer, klubkaptein – Blackie Swart, bemarkingbestuurder – Dewalt Viljoen, sekretaresse – Michaela Robertson,
“Ons sien uit na die uitdaging en om saam met die spelers, gemeenskap en borge die klub ‘n suksesvolle sportinstansie te maak.”