Help! Daar is ‘n krokodil in my swembad!

25/01/2024News

Greg Strydom met die krokodil wat in die swembad gekry is.

Hartbeespoort Akwarium moes dié week ‘n krokodil uit ‘n swembad in De Wildt red na die reptiel in die half-leë swembad ingetrek het.
Volgens Greg Strydom, eienaar van die akwarium, is die krokodil sowat 18 maande oud en ‘n meter lank. “Ons word die afgelope tyd gereeld ingelig oor krokodille in die omgewing. Hulle steek oral kop uit,” sê Greg.
Die krokodil is tans veilig by die akwarium by Little Paris.