Hond ‘vang’ verdagte in sy huis na 5km se spoorsny
Roxo die ‘speurhond’
‘n Driejarige Nederlandse herdershond, genaamd Roxo, het dié week ‘n verdagte se reuk meer as 5km gevolg tot hy hom in sy huis in ‘n nedersetting buite Brits vasgetrek het.
Roxo is een van Afrique de Sud K9 Sekuriteit se spoorsnyhonde. Volgens Chris Degenaar van Afrique de Sud K9, was die verdagte op vlug en het van sy klere in die proses verloor. Roxo het een snuif aan die klere gegee en die spoor gevat. Hy het die reuk vir meer as 5km deur nedersettings en verskeie terreine gevolg tot hy ‘n huis in ‘n nedersetting uitgewys het.
“Hy is ‘n pragtige dier en het al 32 ‘arrestasies’ gemaak en meer as 100 verdagtes aangekeer. Hy is ‘n ster!”
Roxo vedien beslis ‘n biefstuk… of twee!