Johandre kuier by HEMS
Johandré Blom (7) van Hartbeespoort, wat in Maart sy arm tydens ‘n krokodilaanval verloor het, het dié week by Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) gekuier.

Johandré Blom (7)
Johandré Blom (7) van Hartbeespoort, wat in Maart sy arm tydens ‘n krokodilaanval verloor het, het dié week by Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) gekuier.
HEMS het Johandré na die aanval gestabiliseer en in samewerking met hul nie-winsgewende organisasie, Prayer Bear, die koste gedek en seker gemaak dat hy per noodhelikopter na die regte hospitaal vervoer word om die gespesialiseerde mediese sorg wat hy benodig het te ontvang.
“Ons dapper klein held het vir ons kom kuier en ons het hom behoorlik bederf! Hy is rondgewys, het saam met ons in die brandweerwa gery en self water gespuit soos ’n regte brandweerman. Dit was n groot hoogtepunt vir ons,” het HEMS-woordvoerder, Leandre Spies gesê.
Prayer Bear is ‘n organisasie wat jong kinders tydens mediese noodgevalle help wanneer daar nie genoeg fondse is nie. As deel van hierdie spesiale kuier, het Johandré dan ook ’n Prayer Bear-beertjie ontvang en nog ander bederfies om sy dag ekstra spesiaal te maak.
“Wat ’n voorreg om deel te wees van sy pad. Ons wens hom net liefde, genesing en vreugde.”