Koop en wen ‘n kar by Islands Superpar
Moenie die pretdag by Islands Superspar dié Saterdag, 14 Desember, misloop nie. ‘n Splinternuwe Hyundai Grand i10 kan deur een gelukkige klant gewen word.
Die afgelope maande kon klante, wat R500 of meer spandeer het, inskryf vir die Wen-‘n-kar-wedstryd, maar dit is nog nie te laat nie. Sorg dat jy so gou moontlik jou inkopies van meer as R500 by Islands Superspar doen en staan ‘n kans om dié splinternuwe voertuig te wen.
Die gemeenskap word uitgenooi om Saterdag die pretdag by Islands Superspar by te woon, geskenkpakke te wen en deel te wees van prettige aktiwiteite vir oud en jonk.