Neem deel aan Helpende Hand se kompetisie en help ‘n student om te studeer
Die gemeenskap se deelname in ‘n unieke kompetisie in Hartbeespoort, kan help om ‘n student te laat studeer.

Amy-Lee Papenfus, uitgedos in ‘n Ons Winkel-uitrusting.
Die Ons Winkel-kompetisie van Helpende Hand, daag die gemeenskap uit om by Ons Winkel ‘n uitrusting aan te trek, ‘n foto te neem vir ‘n R50 donasie, en so ‘n kans staan om ‘n heerlike prys te wen.
Die fondse sal gebruik word om jongmense in die gemeenskap te help om te gaan studeer.
Inskrywings is nou oop en duur tot 20 September 2025. Loer in by Ons Winkel in the Midas-sentrum of by Damdoryn, trek van jou toontjie tot jou kroontjie ‘n Ons Winkel-uitrusting aan en vra ‘n personeellid om ‘n foto in die winkel se fotohoekie te neem.
Vul die inskrywingvorm in, betaal jou R50 donasie en laai jou foto op sosiale media. Maak ‘n verskil in ‘n student se lewe.
Vir meer inligting, besoek Ons Winkel.