NG Kerk Skeerpoort hou familiefees

10/04/2025News

Moenie dié naweek die NG kerk Skeerpoort se Familiefees op die kerkperseel Saterdag 12 April misloop nie.

Die hekke open 10:00 en die fees beloof om vir die hele familie groot pret te wees. Een van die groot trekpleisters is natuurlik die gewilde sanger Jo Black wat feesgangers met sy musiek sal vermaak. Surina met haar singende en springende kinderkaraktertjies, die Tjominis, sal sorg vir groot kinderplesier.
Kosstalletjies, mini-golf, springkastele en hope ander vermaak gaan sorg vir pret vir die hele gesin.
Joe Black sing vanaf 15:00.
Kaartjies is beskikbaar by die hek of by die kerkkantoor en kos R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 12. Bring die hele familie en geniet ‘n heerlike dag in die buitelug.